Trek rugbyspelers saam
2007-05-24
EK stem in ‘n mate saam met Chrisbin se opmerkings in die Paarl Post, maar iewers moet ons die Paarl-spelers bymekaar begin trek.
Ons het goeie rugbyspelers in die Paarl. Wat gebeur met die spelers na- skool? (Corné‚ Krige, Chester Williams en hope ander).
Omdat daar nie een klub in die Paarl is wat tans in die Groot Uitdaagbeker speel nie, word die huidige spelers ook nie raakgesien vir provinsiale kleure nie. Dus gaan speel hulle vir Bolandse klubs of Kaapse klubs.
Ek is oortuig daarvan dat uit al die Paarl-spelers daar ‘n streekspan/Bergrivier vyftiental sal wees wat die vallei in die top liga van die WP sal kan verteenwoordig (1ste, 2de en 3de span).
Daar is geen twyfel dat daar probleme gaan wees in die begin nie. Maar om rugby se oorlewing, kom ons gee dit ‘n kans en werk daaraan om dit ‘n sukses te maak. Ons moet nie so gou tou opgooi nie.
Paarl rugby geesdriftige
More
News
|