Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Die Proponentjie

Die Proponentjie
 
2007-05-24


DIE Proponentjie is volgende week in die Hugenote Hoërskoolsaal in Wellington.

Die Proponentjie deur Pieter Fourie, is ‘n ligte, klugtige stuk wat handel oor ‘n ongetroude dominee wat ‘n beroep na ‘n klein Karoo-dorpie aanvaar.

Met sy bekkige Kaapse huishulp wat voorvat in die pastorie, moet dominee Gerber net bontstaan om die ma’s en dogters se wedywering om sy hand (en die rol van pastoriemoeder) te “handle”.

Neem ‘n kloosterkoek in die kas, ‘n motor in die hoenderhok en verstekelinge in die studeerkamer (opgestop en ingestręp), voeg daarby ‘n paar bottels sjerrie en port, Hallelujavoetjies en ‘n groot bak “punch” met skop, en dis die resep vir heerlike vermaak.

Kaartjies teen R30 (R10 leerders) is by die skool by 021-873-2111. Die vertonings begin op 29, 30 en 31 Mei om 19:30.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za