Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Leer jul kinders versigtiger ry op die paaie

Leer jul kinders versigtiger ry op die paaie
 
2007-05-24


ONS ry elke oggend tussen 7:05 tot 7:20 in Hoofstraat vanaf Noorder-Paarl, in die rigting van Sentraal-Paarl.

Aan die ouers van ’n skooldogter met lang hare, Gimnasium skoolklere en ’n geel bromponie wat vanaf Noorder-Paarl, Hoofstraat langs na Gimnasium ry, wil ons net sê dat ons daaglikse vrese bewaarheid is.

Dit het nou al telkemale gebeur dat u dogter soos ’n besetene jaag en voertuie roekeloos verbysteek. Soms tot soveel as ses voertuie word op een slag verbygejaag en word daar so na as moontlik teenaan voertuie wat verbygesteek word, gery.

Dikwels beweeg die voertuie baie na aan die middelstrepe om plek te maak vir verkeer wat links beweeg en afdraai.

Jul dogter kom dan steeds verbygejaag wat meebring dat sy oor die middelstrepe beweeg, in die aankomende verkeer se baan.

Sy vleg behoorlik deur die nou spasie tussen voertuie wat in dieselfde rigting as sy beweeg en aankomende verkeer.

Voorts hou sy nie ’n karlengte tussen haar en die voertuig voor haar nie. Sy beweeg vinnig tot op die agterkant van voertuie en trek dan skielik remme.

Maandag 21 Mei het u dogter ten spyte van die reën, ’n sopnat pad en donkerte, van agter afgepyl op ons voertuig, weer met ’n spoed verby ons gejaag en so ook verskeie voertuie voor ons. Ons het gesien hoe haar bromponie amper gly, maar sy het voortgejaag.

Ons het nog bespreek hoe sy eendag ’n ongeluk gaan veroorsaak en dan gaan die ouers heel moontlik dink dis die voertuig se skuld, min wetend dat dit heel waarskynlik u kind se skuld sal wees.

Ons het gewonder of u kind bewus is hoe glad ’n geverfde streep in nattigheid is. Vra maar vir enige fietsryer of drawwer. Ons het ook gewonder of sy weet dat sy meeste van die tyd in voertuie se blinde kol beweeg.

Ons woorde was skaars koud toe is daar ’n versperring voor ons en raai wat? U dogter het sowaar die lang- verwagte ongeluk gemaak.

Ons hoop van harte sy het nie seergekry nie en die arme
voertuigbestuurders wat betrokke is, die trauma sal kan verwerk.

Ons dink ook aan u as ouers wat seer sekerlik yskoud geword het toe u die oproep gekry het dat u dogter in ’n ongeluk was. Die gevolge kon soveel ernstiger gewees het.

Troos u egter daaraan dat daar menige ander ouers se kinders is wat hul ook hieraan skuldig maak.

Bekommerde padverbruikers



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za