Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Christen Vigsburo

Christen Vigsburo
 
2007-05-24


DIE algemene jaarvergadering van die Christen Vigsburo vir Suidelike Afrika (CABSA) is Donderdag 31 Mei.

Dit is die missie van CABSA om kerke en geloofsgemeenskappe in hulle hantering van MIV en Vigs te begelei deur die voorsiening van inligting, sensitisering, opleiding, mobilisering en die bevordering van netwerkgeleenthede.

Die visie van ‘n versorgende Christengemeenskap wat hoop en versoening bied aan mense wat met MIV en Vigs leef en direk daardeur geaffekteer word, word nagestreef.

Die sprekers by die geleentheid is Ian en Anita Rushton, wat deur hul kraleprojek “Jewels of Hope” in Lesotho help om ’n verskil te maak aan die lewens van jongmense wat geaffekteer word deur MIV/Vigs.

Die vergadering vind plaas om 19:00 in die NG Wellington-Noord- onthaalsentrum in McCronestraat.

Kontak Nelis du Toit by management@cabsa.co.za of 021-873-0028.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za