ATKV na Sutherland
2007-05-24
DIE ATKV-tak Wellington onderneem weer vanjaar die naweek van 20 Julie ’n toer na Sutherland.
Die bus vertrek die Saterdagoggend om 08:00 van die NG Kerk Wellington-Oos en die eerste stop is by Worcester.
By Matjiesfontein word ’n paar uur vertoef waar al die besienswaardighede soos die motor- en Boereoorlog-museums en Lord Milner Hotel besoek word.
By Sutherland word in die Karoo Hotel oornag met aandete en ontbyt ingesluit. Hier kan die NP Van Wyk Louw-museum en historiese Klipkerk besoek word.
Saterdagaand word die Sterrewag (sterrekyk ingesluit) besoek en Sondagoggend gekyk na SALT - die grootste teleskoop in die Suidelike Halfrond.
Willie Koorts, plaaslike sterrekundige, is die toerleier. Bel Daan Spamer by 082-872-4958 vir meer besonderhede en bespreking.
More
News
|