Slypskool gehou vir skryfwerk in skakelwese
2007-05-24
DIE tweede slypskool by die Universiteit Stellenbosch Taalsentrum se reeks oor skakelwese-skryfwerk, word op 15 Junie aangebied.
Dawid Botha, ’n onafhanklike kommunikasie-konsultant, reeds vier jaar betrokke by die aanbieding van hierdie slypskool, sal die slypskool fasiliteer.
Lizette Rabe, hoof van die Universiteit Stellenbosch se nagraadse departement Joernalistiek, sal ’n aanbieder wees.
Hierdie intensiewe slypskool word spesifiek aangebied vir skakelbeamptes en persone wat reeds ondervinding het in die skryf van mediaverklarings, en die fokus sal wees op die skryf en versorging van ’n mediaverklaring.
Elke deelnemer moet vooraf twee voorbeelde van eie mediaverklarings verskaf, wat tydens die slypskool bespreek en verbeter sal word.
Dit kos R1850 om in te skryf, met die sluitingsdatum môre. Skakel 021-808-2167.
More
News
|