Gimnaste begin seisoen
2007-05-31
DIE Wynland Gimnastiekklub in die Paarl het die afgelope naweek ’n Medal Mania interklubkompetisie aangebied waar 160 dogtergimnaste vanaf vlak een tot vlak sewe in verskillende ouderdomsgroepe deelgeneem het.
Vyf klubs van Boland (Laerskool Saldanha Gimnastiekklub, VanRhynsdorp Pro-Gymnatics, Worcester, Helderberg en Wynland) en een van die Westelike Provinsie (ACS) het aan hierdie kompetisie deelgeneem.
Larissa Burger (9.575), Danel Human (9.206), Alexa Haasbroek (9.119), Aimee du Toit (9.094), Tertia Blignaut (9.006), Nicola Coetzee (9.169), Irene van Zyl (9.306) en Lulu Kirsten (9.031) het spogvertonings gelewer vir gemiddelde tellings bo nege in alle apparate (balk, ongelyke rekstok, vloer en spronge).
Hierdie kompetisie het ’n baie besige seisoen afgeskop. Die Kaaplandproewe word middel Junie in Stellenbosch gehou waarna die Kaapland kampioenskap in die Julievakansie in Oudtshoorn aangebied sal word.
Die Boland Kampioenskappe vind in Augustus plaas en gedurende die Septembervakansie sal daar 'n Alle Ouderdomme-toernooi (vir skole) in Bloemfontein plaasvind.
Die SA Kampioenskappe vind Oktober in Pretoria plaas.
More
News
|