Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Goeie nuus vir huurders

Goeie nuus vir huurders
 
2007-05-31


DIE wysigings aan die Wet op Seëlreg wat deur die Minister van Finansies, Trevor Manuel, in die Februarie begroting aangekondig is, tree môre in werking.

Dit bring goeie nuus vir huurders en verhuurders, aangesien seëlreg op korttermyn huurkontrakte (kontrakte met ’n huurtydperk van vyf jaar of korter) afgeskaf is.

Alle langtermyn huurkontrakte (kontrakte met ’n huurtydperk van langer as vyf jaar), sal seëlreg teen ’n vaste koers van 0,5% betaal.

In terme van die Wet op Seëlreg, is die verhuurder daarvoor verantwoordelik om seëlreg te betaal. Dit is egter algemene praktyk dat die huurder daarvoor betaal in terme van meeste Huurooreenkomste.

Volgens Tony Clarke, Besturende Direkteur van Rawson Properties, is die wysigings goeie nuus vir alle verhuurders, en outomaties ook huurders wat die uiteindelike betaling doen.

"Vrystelling van seëlreg word nou deur die tydsduur van die huurooreenkoms bepaal en nie meer deur die hoeveelheid inkomste wat deur ’n bepaalde huurooreenkoms verdien word nie.

“Dit is ’n aansienlike verbetering aangesien alle verhuurders nou by die wysigings baat vind onafhanklik van die inkomste wat hul uit hul eenhede verdien."

Voorheen was slegs huurooreenkomste met seëlreg van minder as R500 vrygestel daarvan om seëlreg te betaal (hierdie seëlreg verteenwoordig huurinkomste van minder as R100 000 vir die volledige termyn van die ooreenkoms).

Clarke verduidelik dat die wysigings aan die Wet maand-tot-maand huurooreenkomste klassifiseer as korttermyn huurkontrakte.

"Dit beteken dat geen seëlreg betaalbaar is op enige maand-tot-maand huurooreenkomste nie, aangesien korttermyn huurkontrakte volgens die wysigings van seëlreg vrygestel word."

In die geval van langtermyn huurooreenkomste is die reël om seëlreg op die totale termyn van die ooreenkoms te betaal, steeds geldig.

“In die geval van ’n tien-jaar huurooreenkoms met ’n ongespesifiseerde verlengingstydperk, word die ongespesifiseerde tydperk as vyf jaar volgens die wysigings beskou. Dit beteken dat seëlreg op die totale 15 jaar betaalbaar is."

In die geval van korttermyn huurooreenkomste wat vóór 1 Junie 2007 geteken is, is geen seëlreg betaalbaar op betalings wat ná 1 Junie gekwantifiseer kan word nie.

Clarke sê dat hy graag sou wou sien dat die wysigings aan die Wet op Seëlreg tot langer huurooreenkomste in die residensiële verhuringsmark sal lei.

“Beide verhuurders en huurders kan nou baatvind uit die besparing op seëlreg en onderhandel vir langer huurooreenkomste."



More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za