Uitnodiging aan vroueboere
2007-05-31
VROUEBOERE van die Wes-Kaap word aangemoedig om deel te neem aan die Vroueboer van die Jaar-kompetisie, waarvan inskrywings 26 Junie sluit.
Die kompetisie word deur Departement Landbou georganiseer.
Belangstellendes kan in vyf kategorieë inskryf of genomineer word (top uitvoerder, top produsent vir nasionale markte, top produsent vir informele markte en top produsent vir huishoudelike gebruik asook landbouvoorloper van die jaar).
Kategorie drie is vir diegene wat aan plaaslike informele markte lewer. Die vierde kategorie is vir kandidate wat grootliks vir eie gebruik produseer, soos groentetuine.
Die kategorie vir die landbouvoorloper van die jaar is vir vroue wat ‘n beduidende bydrae tot die landbou in die algemeen maak, byvoorbeeld in terme van ontwikkelingswerk, opleiding of bemarking. Navrae kan aan Gizelle van Wyk gerig word by 021-808-5022 of gizellevw@elsenburg.com.
More
News
|