Student sterf
2007-05-31
’n STUDENT van die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie (KPUT) is verlede week dood aangetref nadat hy vermoedelik die vorige aand saam met vriende gekuier het.
Die liggaam van Kobus Fourie (22) is Dinsdagoggend deur sy kamermaat in hul koshuiskamer by Navarre gevind.
Dié twee en nog vriende het die vorige aand glo by verskeie drinkplekke in Wellington aangedoen.
Fourie, ’n tweedejaar onderwys-student aan KPUT, was van Ladismith afkomstig.
Navarre se koshuisvader, Albert Hoek, het gesê dat die hele koshuis verskriklik geskok is deur die dood van hierdie gewilde jong man.
“Hy was ’n baie oulike mannetjie en ons steier steeds ná die voorval.” ’n Geregtelike nadoodse ondersoek is geloods na Fourie se dood en daar word gewag op die forensiese uitslae om die oorsaak van dood te bepaal.
* A student of CPUT was found dead in his hostel bed after an evening of alleged partying.
More
News
|