Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Man val na sy dood

Man val na sy dood
 
2007-05-31


’n GEWILDE jongman van New Orleans het die afgelope naweek tragies gesterf toe hy deur ’n plafon geval het.

Dylan Jacobs (25), ’n elektriese-tegnologie-student, was besig om aan bedrading te werk in die dak van sy ouerhuis in Brookslaan 51.

Sy ma, Diana, het tydens die voorval televisie gekyk en het ’n harde slag gehoor.

Toe sy ondersoek gaan instel, het sy vir Dylan roerloos op die grond sien lê. Hy was reeds dood.

Daar word vermoed dat Dylan op ’n swak plek in die plafon getrap het en na sy dood geval het.

Dylan was ’n oud-student van Noorder-Paarl Hoërskool en het baie uitgesien na sy loopbaan as elektrisiën.

Hy word oorleef deur sy ma en pa, Alec, asook broer en suster, Courtney en Linley.

Die begrafnis vind Saterdag om 11:00 vanaf die ouerhuis plaas en daarna om 12:00 vanuit die Bethel Congregation Church. Daar word vanaand ook ’n gedenkdiens om 19:00 by die huis gehou.

’n Vriend, Grant Williams, het gesê dat Dylan baie gewild was onder almal wat hom geken het.

“Hy was lewenslustig en ’n goeie vriend. Ons sukkel om die werklikheid van sy dood te aanvaar.”



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za