Moordenaar gesoek
2007-05-31
DIE polisie is op soek na Willem Titus (43) in verband met ’n moord wat in 1999 plaasgevind het.
Titus is in Februarie 1999 in hegtenis geneem vir die moord op ene John Galant wat dood is nadat hy verskeie kere in die kop gesteek is by Bougainvilla woonstelle.
Nadat Titus op R500 borg vrygelaat is, het hy spoorloos verdwyn. Ten tyde van die moord was hy woonagtig by Daphnestraat 10a, Smartietown.
Enigiemand met inligting kan sers Barry Noble skakel by 021-807-7920.
More
News
|