Is jy bang om voor gehore op te tree?
2007-05-31
VOEL jy die skoenlappers in jou maag draai wanneer jy moet praat?
Gebruik jy die woord ah of uhm te veel wanneer jy ‘n vergadering hou? Voel jou tong soos lood voor gehore? Is die woorde in jou kop , maar jy kry dit nie by jou lippe uit nie?
Indien jy ja op enige van hierdie vrae geantwoord het, kan jy gerus gaan kyk wat bied Paarl Toastmasters aan.
PTM is ‘n nie-winsgewende internasionale organisasie wat kommunikasie en leierskap in die gemeenskap bevorder.
Nuwe lede begin met die CC (Confident Communicator) program wat alles van stemtoon tot liggaamstaal en oogkontak insluit.
Die CC program duur tien toespake wat deur ‘n evalueerder en tydhouer beoordeel word. Elke toespraak het ‘n tydsduur van tussen vyf en sewe minute.
PTM dien in Afrikaans sowel as Engels en vergader elke tweede Dinsdag by Laborie wynhuis om 18:30 vir 19:00 en verdaag omstreeks 22:00. Die volgende vergadering is op 11 Julie.
Kontak Fred op 082-924-5321 of fred@absamail.co.za of besoek www.toastmasters.org.
More
News
|