Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Plaasmark

Plaasmark
 
2007-05-31


DIE sowat 60 verskaffers van plaas- en handgemaakte-produkte, wat op die eerste Saterdag van elke maand die afgelope ses maande op die Nelsons se wynlandgoed bymekaargekom het om hul produkte te verkoop, wil die mark gedurende die wintermaande voortsit.

Die mark wat laas langs die R44 in Windmeul gehou was, skuif nou onderdak na 'n groot skuur.

Volgens Tharine Louw, wat die mark ko-ordineer, het besoekersgetalle so toegeneem dat daar gereeld meer as ‘n 1 500 besoekers die markte besoek.

“Die atmosfeer op die mark is regtig baie feestelik met wyn wat direk uit vate gekoop kan word, smullekker plaasontbyt en ander lekkernye om te eet, terwyl oom Hein Koegelenberg lekker boeremusiek in die agtergrond maak.

“Die kinders is weer mal oor die perdekar en vierwielmotorfietse waarmee hulle op die plaas kan rondry.

“Tans soek ons iemand wat Karoolamsvleis direk van hul plaas wil verkoop en is daar ook plek vir meer vars organiese groente en vrugte.”



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za