Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Honde word 100 jaar en ouer

Honde word 100 jaar en ouer
 
2007-05-31


IN Suid-Afrika word sowat 40% van alle troeteldiere as seniors geklassifiseer. Hulle is sewe jaar en ouer. Omdat troeteldiere deesdae langer leef, behandel veeartse meer siektes soos kanker, honde-Alzheimers, artritis, katarakke en nierprobleme.

Gedurende Junie, wat nasionale Hill's Senior Troeteldier-maand is, word 'n jaarlikse landwye veldtog geloods om eienaars op te voed oor die sorg van hul ouer troeteldiere.

Met die gevorderde veeartsenykundige sorg en voeding wat deesdae beskikbaar is, is dit nie ongewoon vir 'n hond of kat om die ekwivalent van meer as 'n honderd jaar in menseterme te word nie.

Deur vir jou senior diere 'n kos te gee wat spesiaal vir hulle geformuleer is, kan jy hulle help om langer te lewe en baie gesondheidsprobleme vertraag of voorkom.

'n Verandering in dieet is die doeltreffendste manier om hierdie siekte te bestuur.

Waarskuwingstekens van ouderdomverwante gesondheidsprobleme sluit in onwelriekende asem, stywe ledemate, slaperigheid, veranderinge in massa en gedrag en om meer dikwels te urineer en te drink. Vat jou troeteldiere veearts toe vir kundige advies as hulle enige van hierdie simptome toon.

Gaan stap met jou dier en speel met hom. Gepaste oefening sal albei help om fiks en aktief te bly. Vermy hoë-impak-oefening soos draf en spring wat die gewrigte kan beseer.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za