Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Ry saam en maak harte warm

Ry saam en maak harte warm
 
2007-05-31


DIE Christelike Motorfiets Assosiasie (CMA) Boland in samewerking met die Motorfiets Assosiasie Boland (MAB) gaan Sondag hul tweede jaarlikse Blanket Run hou.

Die doel van hierdie byeenkoms is om komberse in te samel vir dié wat nie het nie.

Hulle kom bymekaar om 09:00 by die Paarl Mall, en vertrek stiptelik om 09:30 na Mayerskraal Konferensiesentrum, in die vorm van ’n massarit (mystery route) per motorfiets, vir ontbyt en die oorhandiging van die komberse aan die liefdadigheidsorganisasies.

Verteenwoordigers van die organisasies sal teenwoordig wees, waar hulle ons ook gaan vertel en wys van die werk wat hulle in die gemeenskap doen.

Die dag is vir die hele familie, aangesien daar verskeie speletjies aangebied sal word, asook verskillende uitstalmotors en motorfietse wat besigtig kan word.

Enigiemand wat in besit is van ’n padwaardige motorfiets is welkom om aan te sluit en die rit mee te maak. Bring net ’n kombers of R30 (vir die aankoop van ’n kombers) saam wat dan geskenk sal word aan die instansies. Dit dien ook as jou toegangsgeld vir die dag se verrigtinge.

Ontbyt in die vorm van ’n buffet-ete teen R25 is beskikbaar en drinkgoed is vir jou eie rekening.

Indien iemand wat nie ’n motorfiets het nie, maar ook graag hierdie saak wil ondersteun, is hulle welkom om die organiseerders te skakel: Esri 072-634-1095, Claude 082-562-8669 of Karen 082-856-8622.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za