Twee skole saam in transformasie
2007-05-31
DIE Hoërskool Gimnasium het onlangs vir La Rochelle uitgenooi vir ’n prys- en aanbidding-aand. Die hooffokus was die saamkyk na die DVD “Transformation Hawaii.”
Meer as 1000 kinders het saamgedrom in die CR-sentrum waar eers tesame prys en aanbidding gedoen is wat deur G4J (Gim vir Jesus) begelei was.
“Ek dink dit was regtig wonderlik dat soveel mense gekom én die twee skole wat saamgestaan het,” het ’n Gimmie na die tyd gesê.
“Dit sal wonderlik wees as ons in die Paarl kan doen wat in die DVD gebeur het. Ons moet nou net aangaan daarmee. Die ma’s wat dit aangebied het, is geroep en ons moet hulle ondersteun.
“Die “praise en worship” was die beste en was vir almal lekker. Ons moet ook net bid dat daar ’n verandering in die Paarl sal kom.”
Nog ’n Gimmie het gesê dat die byeenkoms ’n wonderlike belewenis was en het goed gewys wat gebed kan doen.
“Vir die Paarl sal dit goed doen om ’n klomp mense bymekaar te trek en te begin bid. Die Prys en Aanbidding maak mense wakker en gefokus op God.”
Alet de Wet van La Rochelle het gesê: “Die Larries was baie opgewonde om saam met Gim die transformasie in altwee skole te sien vorm aanneem. Die “Praise and Worship” het die jeug geraak en ek weet dat God nog groot dinge in die Paarl-gemeenskap gaan doen.”
* More than 1000 scholars gathered at Gymnasium for an evening of praise and worship with the Gimmies and La Rochelle High School.
More
News
|