Kuier tussen blomme
2007-05-31
DIE Paarl Blommeklub vergader Dinsdagaand om 19:00 in die NG Drakenstein Kerksaal te Kotzestraat, Denneburg.
’n Demonstrasie “Langs Stille Waters” word aangebied, gevolg deur interessante besprekings. Lede kom ook hulle slag wys met blommekuns.
Tee en verversings word aangebied en besoekers is welkom. Bel Pieter Coetzee by 021-872-5171 of Bessie van Zyl by 021-872-6864 met navrae.
More
News
|