Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Nederburg-konserte laat winter musiek-seisoen gloei

Nederburg-konserte laat winter musiek-seisoen gloei
 
2007-05-31


DIE eerste Nederburg-wynlandgoed konsert buite Paarl op 10 Junie word gelewer deur hoog-aangeskrewe plaaslike musici.

Die fluitspeler Liesl Stoltz, die pianis Francois du Toit en die tjellis Anmari van der Westhuizen, genaamd Trio du Cap, gaan optree.
Al drie lede van die trio is dosente aan die Universiteit van Kaapstad (UK) se musiek-kollege.

Die tweede konsert op 15 Julie is deur die talentvolle jong tenoor Louis Loock wat verskeie van Schubert en Schumann se Lieder gaan lewer asook ander gunstelinge uit La Traviata, My Fair Lady, Les Miserables, Carousel en 'n paar Afrikaanse liedjies soos Aandblom is ’n witblom, Karoonag en Jantjie.

Kaartjies vir die kamermusiek-konserte is R125 per persoon en sluit ’n smullekker vinger-ete bedien met uitsoek Nederburg-wyne in.
Kaartjies vir die piekniek-konsert kos R60 per persoon.

Konsertgangers kan gerus hulle eie piekniekmandjie, komberse en stoele saambring of hulle kan 'n piekniek-ete by ons koop teen R60 per persoon. Nederburg-wyne sal te koop wees by die piekniek-konsert. Geen ander wyn sal op die perseel toegelaat word nie. Koeldranke en koffie sal wel te koop wees.

Al die konserte begin om 17:00. Besprekings kan gemaak word deur Irma Alberts of Magdel Horrell by 021-809-8106 of 021-809-8345.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za