'n Venster vol Son
2007-05-31
DIE eenmanvertoning, “’n Venster vol Son” deur Marianne Kitching van Wellington, is so suksesvol dat daar ’n aanvraag is vir nog optredes. Die volgende vertoning is op 15 Augustus in die Ou Meulteater in die Paarl.
Die optrede is gebaseer op die briewe van Wellingtonse kunstenaar Alexa (Fuff) Kirsten en aangepas vir die verhoog deur Winnie Rust. Alexa is ernstig aangerand toe sy haar buurvrou Lisbé Smuts-Smith te hulp gesnel het toe sy op 7 Februarie 2005 in die geskiedkundige huis Twist Niet op Wellington vermoor is.
“’n Venster vol Son” het as tema die helingsproses van Alexa Kirsten. Persone of instansies wat belang stel om dié vertoning in kerke of klein teaters te inisieer, kan met Marianne in verbinding tree by 021-864-5241 of 083-564-2041.
More
News
|