Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Rugby Shorts

Rugby Shorts
 
2007-06-07


* Paarl en Elsiesrivier Rugbyklubs het Saterdag 14-14 gelykop gespeel. Pragdrieë is deur Jaco du Plessis en Marco Martin gedruk. Clive Samuel het met twee doelskoppe geslaag. Paarl II het 18-10 verloor terwyl Paarl III 12-12 gelykop gespeel het.

* Albions Rugbyklub het Saterdag 10-3 teen Hands & Hearts verloor. Dominic Daniels het sy span se enigste punte (strafskop) aangeteken. Albions II en III het hulle wedstryde ook verloor.

* Violets Rugbyklub het 36-25 teen Blue Jets van Khayelitsha verloor. Gary Hendricks, Hamly Marquad en Kenwill Dennis het elkeen ’n drie vir Violets gedruk terwyl Ronwan Anderson met twee straf- en twee doelskoppe geslaag het. Violets II het17-7 verloor terwyl Violets II 10-3 gewen het.

* Young Peoples Rugbyklub het Saterdag ’n tuisoorwinning van 28-12 oor Scottsdene behaal. Barry Williams het twee drieë vir die tuisspan gedruk. Delwayne Cornelissen het drie strafskoppe bygevoeg met 'n drie deur Manie Adams. Young Peoples II verloor 13-7 terwyl Young Peoples III 10-10 gelykop geëindig het.

* Young Warriors het die afgelope naweek ’n uitstekende oorwinning van 72-10 teen Banhoek behaal. Hulle het elf drieë gedruk met Joost Pieterse wat ’n driekuns behaal het.

* Lower Paarl het Saterdag teen Rocklands geseëvier met 37-18. Die derde span het 13-32 verloor, die tweede span het 11-17 verloor. Driedrukkers was Robert Pietersen (2), Edward Pietersen (1) Donny Fredericks (1) en Keith Jefthas (1). Auden Carolissen het een drie verdoel en vier strafskoppe behaal.

* Rangers Rugbyklub het Saterdag 17-12 teen UWK gewen. Jamiel Ladouce en Wilmot Arendse (2) het drieë vir Rangers aangeteken.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za