Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wedloop dié naweek

Wedloop dié naweek
 
2007-06-07


DIE Drakenstein Atletiekklub, in samewerking met Allandale Korrektiewe Dienste, bied Saterdag hul eerste halfmarathon en pretdraf aan.

Hierdie wedloop word namens die Boland Korrektiewe Dienste Atletiekklub aangebied en begin om 07:30 by Daljosafat-stadion.
Die pretdraf begin 15 minute later.

Die roete sal vanaf die stadion al langs Van Riebeecklaan beweeg tot onder die brug by die N1naby Paarl Mall waarvandaan atlete dan terugswaai deur die woonbuurte (Stokkiesdraaipad) na die eindstreep by Daljosafat.

Tussen 600 en 800 atlete word verwag om aan die wedloop deel te neem.

Die organiseerders wil graag ook die breër gemeenskap by dié geleentheid betrek. Die personeel van besighede, asook leerders en onderwysers van skole, word aangemoedig om aan die pretdraf deel te neem.

Inskrywings kan op die dag tussen 05:45 en 07:15 gedoen word. Die afsnytyd vir die 21km is drie ure.

Vir meer inligting of inskrywings, skakel Dawid Strauss by 083-980-6495 of Angelo Nel by 079-551-2232.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za