Paarl-atlete presteer
2007-06-07
DRIE atlete van Paarl Atletiekklub het die afgelope naweek op Robertson medaljes verower tydens die Boland 10km kampioenskap.
Henrico Rooi (32min05s) en Charlton September (32min33s) het onderskeidelik die silwer en bronsmedaljes in die afdeling vir junior mans verower terwyl Karin Thompson (41min36s) die derde junior vrou oor die wenstreep was.
Dié byeenkoms is deur Elana Meyer, wêreldrekordhouer in die 15km en halfmarathon asook die SA rekordhouer van alle langafstand- wedlope (baan en pad) vanaf 1500m tot die halfmarathon, geopen. Sy kon egter nie self aan die wedloop deelneem nie, aangesien sy tans swanger is.
Hierdie kampioenskap het plaasgevind ter voorbereiding van die Nedbank SA 10km kampioenskap wat 11 Augustus by Coetzenburg in Stellenbosch sal plaasvind.
Die uitslae sal ook dien om die Bolandspan saam te stel wat 13 Oktober aan die Wes-Kaap 10km Uitdaagkompetisie in Bredasdorp aangebied gaan word. Hierdie wedloop vorm deel van die Voet van Afrika- marathon.
More
News
|