Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Tiener se gedrag word betreur

Tiener se gedrag word betreur
 
2007-06-07


AAN die “ma van besete jaer”: Ons wil nie graag lesers verveel met ’n heen-en-weer skrywery nie, maar nou is ons eers bekommerd!

Ons gebruik die roete sedert Februarie en nog nie ’n jaar soos u kind nie. Nadat sy by ons verbygejaag, skerp voor ons ingeswaai en amper gegly het, het ons toe al besluit om nog dieselfde dag ’n brief te skryf.

Die ongeluk het dus gebeur nadat ons reeds besluit het om ’n brief te skryf. Niks verander die feit dat u bedagsame kind oor die algemeen roekeloos ry nie.

Ons is bly dat sy bedagsaam teenoor u as haar ouer is, maar sy is onbedagsaam teenoor ander padgebruikers. Indien sy reg voor ons voertuig geval het, sou ek nie betyds kon stop nie en sou ek oor haar gery het.

Dan sou dit seker ook my skuld gewees het.
Dieselfde padreëls geld vir motorfietse as vir voertuie. Die maksimum spoedgrens is 60kmph vir almal.

As omstandighede egter ongunstig is, is dit mos nie wenslik om selfs 60kmph te ry nie. U kind ry beslis vinniger as 60kmph.
Die afstand wat ons tussen ons voertuie oophou is vir veiligheid en nie vir haar of ander motorfietsryers om in te druk nie.

Ter afsluiting kan ons noem dat ons, ten spyte van haar gedrag, ons ook by u kind sou stop om hulp te verleen. Daar was egter soveel voertuie dat dit ’n nog groter gevaar vir verdere ongelukke geskep het.

Steeds bekommerde padgebruiker



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za