Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Haar doel is groen en goud

Haar doel is groen en goud
 
2007-06-07

Jacques Rossouw

GROEN en goud hardloop dik in die are van die talentvolle hokkiespeler, Shirlynn Smith.

Dié mooi donkerkop van die Paarl het onlangs ’n rare driekuns behaal nadat sy vir drie SA spanne gekies is.

Smith (18) is ná afloop van ’n toernooi in Port Elizabeth in die SA o.18 hokkiespan opgeneem en is ook by die SA senior en o.21 oefengroepe ingesluit wat in 2009 aan die Wêreldbeker-toernooi gaan deelneem.

Dit is die sesde keer dat Smith deel van ’n nasionale span is.
Die eerste keer was in 2004, en weer in 2005, toe sy vir die o.16’s uitgedraf het. Sy was vir altwee seisoene die voorste doelskieter in dié span.

Verlede jaar het sy die SA o.17 verteenwoordig.

Smith, wat aan New Orleans Sekondêr matrikuleer het, is tans deel van die Maties High Performance-span en gaan aan die begin van die tweede semester vanjaar haar eerstejaar LLB by dié universiteit voortsit. Sy het vroeër vanjaar haar regskursus by UWK begin.

Sy het oorspronklik haar nasionale kleure sonder enige formele afrigting verwerf. Eers ’n jaar daarna het sy en en haar huidige afrigter, Jenny King, begin saamwerk.

“Ek het baie respek vir miss Jenny. Sy is die beste en inspireer my.

“Daar was baie opdraande en opofferinge, tesame met beserings en kritiek asook die laat aande op die hokkieveld - soms tot 23:00.

“Die moeilikste was om in 2004 sonder enige afrigting aan die nasionale toernooi deel te neem.

"Dit was ’n uitdaging wat, fisies en emosioneel, harde werk en deeglike voorbereiding gekos het. Ek was baie verras toe ek as top doelskieter aangewys is.

"Om die groen en goud te dra is ’n baie groot eer. Dit is ongelooflik om deel te wees van die sestien beste o.18 spelers in die land. Dit is motivering genoeg om harder te werk om hopelik eendag vir die seniors te kan speel.

“My slagspreuk is 'Believe, commit, achieve’. Die feit dat ek destyds die nasionale span sonder enige afrigting kon maak, het my laat besef dat enigiets moontlik is en dit dryf my om optimaal te presteer.”



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za