Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Dood in Hoofstraat

Dood in Hoofstraat
 
2007-06-07


’n PAARLSE gesin is die afgelope naweek geruk deur die dood van hul jongste seun in ’n gru-ongeluk in Hoofstraat.

Jean-Pierre du Toit (19) is Saterdagoggend om 02:30 op slag dood toe die bakkie waarin hy en sy broer gery het voor die Toringkerk-saal in ’n paal vasgejaag en daarna gerol het.

Jean-Pierre en sy broer, Jacques (26), is albei uit die voertuig geslinger. Jacques het onder andere albei sy sleutelbene gebreek, maar het die ongeluk oorleef.

Saterdagoggend reeds het talle vriende van Jean-Pierre hul smart betoon deur ruikers teen die skewe lamppaal vas te maak waar die ongeluk plaasgevind het. Daar is selfs versies op die paal geskryf.

Jean-Pierre was verlede jaar nog ’n gewilde leerder by Hoërskool Gimnasium, waar hy ook doelwagter was van die eerste hokkiespan.

Hy het vanjaar aangesluit by sy pa, Piet, en broer Marcelle (23) in die familie-ondernemings in die Paarl, insluitend die Cats motorwassery by die Vineyard-winkelsentrum.

Jacques het skaars ’n maand gelede uit Brittanje teruggekeer waar hy vir twee jaar gewerk het.

Jean-Pierre se begrafnis is uitgestel totdat Jacques sterk genoeg is om dit by te woon.

Hy word ook oorleef deur sy ma, Shirley, en ’n suster, Janine (16).
In Junie 2006 is Conrad du Toit (23) van St Francislaan, Noorder-Paarl, in 'n soortgelyke ongeluk in die Hoofstraat voor die Paarlberg NG Kerk dood.

* A young man has been killed in a car crash in Paarl's Main Street.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za