Fietse vir lang pad skool toe
2007-06-07
FIETSE kan dalk eersdaags voorsien word aan skoolgaande kinders wat verder as drie kilometer van hul skole af woon in plaasbegebiede om Wellington.
Dit is ‘n projek wat aangepak word deur polisie-insp Pierre Hugo, aan hoof van die Landelike Plaaswag.
“Volgens die regering se mandaat, mag slegs kinders wat vyf kilometer en verder van hul skole af woon met skoolbusse vervoer word. Die res moet stap.
“Ons wil dus kinders help wat in versengende hitte en ysige koue ver afstande moet skool toe loop.
“Wanneer dié projek van die grond af kom, sal ons ook verseker dat die skoliere begelei word deur lede van die plaaswag om na hul veiligheid om te sien.
“Ons wil uitreik na die gemeenskap en tot hul diens wees.”
Vir navrae, skakel gerus vir insp Hugo by 082-443-5714.
More
News
|