Coenie kuier
2007-06-07
DIE gewilde Afrikaanse sanger Coenie de Villiers maak Maandag 11 Junie sy buiging op die verhoog van Laerskool Hugenote op Wellington.
De Villiers is ook bekend as aanbieder van Kyknet se joernaalprogram Kwêla.
Die geleentheid word aangebied deur die Wellington Rapportryers en begin 18:15 vir 19:00.
Versnaperingspakkies vir twee sal te koop wees, en sluit onder meer 'n bottel wyn, kaas en beskuitjies in. 'n Kontantkroeg sal ook voor en ná die konsert beskikbaar wees.
Kaartjies (R100) is beskikbaar by Marietjie 021-872-0668 of 076-412- 6922) en Kodak Express Wellington (084 467-7661).
More
News
|