Valiant by Waterpoel
2007-06-07
GAAN geniet Valiant Swart se musiek langs ’n kaggelvuur by die Waterpoelteater, Windmeul, Saterdagaand om 20:00.
Almal ken vir Valiant, veral ná die nekuitsteeksukses van sy album saam met boeremusiekikoon Ollie Viljoen.
Net 50 sitplekke is beskikbaar, teen R120 wat ’n ligte maaltyd en smulbord insluit.
Op Augustus se spyskaart by die Waterpoel is Jan Blom, Gert Vlok-Nel en Gert Bekker.
More
News
|