Avonturier by Laborie
2007-06-07
DIE bekende Paarlse avonturier en skrywer, Johan Bakkes, prikkel gaste by Laborie Restaurant op 13 Junie met sy avontuurlike en soms lewensgevaarlike reisondervindings.
Laborie Restaurant verdryf die winterkoue met wildsvleis- en afvalgeregte, kaggelvuur, reisstories en wyn.
Bakkes is pas terug van ’n reis deur Siberië, Mongolië en China. Hy gaan vertel van woestyne, ysgletsers, minus 20 grade op 4000m bo seespieël, en sommer oor lewensreise in die Paarl.
Kaartjies is R120. Bespreek by Lizelle 021-807-3093/5, of lizelle@gloriousfood.co.za.
More
News
|