Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Miss Winelands kroning

Miss Winelands kroning
 
2007-06-07


MISS WINELANDS 2007 word môreaand tydens 'n gala-aand in die Paarlse stadsaal gekroon.

Besighede en instansies wat nog nie hulle deel gebring het vir die twee skuilings (Athlone House of Strength en Island of Hope) waarvoor die 12 finaliste werk nie, sal nou vinnig ‘n plan moet maak!

Die program en ete gaan van hoogstaande gehalte wees, ‘n produksie uit die boonste rakke! Dit sluit in danse en sang van gehalte, met talent uit die wynland.

Die 12 finaliste gaan optree in swemdrag, aanddrag en informele dagdrag, hulle gaan ook die gaste se asems wegslaan met ‘n opwindende openingsdans, wat die vrugbaarheid van die wynland simboliseer.

Dansers van die Rixi Kruger Dansateljee, sal gaste vermaak op ‘n lewendige, energieke “free style” dans uit die boonste rakke, sangeres Liame Denimey tree op en Francelle Venter en Ivan Vorster lewer ‘n interessante, komiese sangduet wat gaste heerlik sal laat lag. Balletdansers van Joy Cargill sal die aand afrond.

Maar die sterre van die aand is die twaalf pragtige finaliste vir wie Johann Smith elkeen ‘n eksklusiewe aandrok ontwerp het.

Onder die beoordelaars tel Tammy-Anne Fortuin, voormalige Mej SA prinses en aanbieder van die TV-program Roer.

Besprekings (R350) kan nog tot vandag 16:00 gedoen word, maar galerykaartjies kan Vrydagaand nog by die deure gekoop word teen R120 per persoon. Skakel 083-460-2324.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za