Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Samaai kry kans oorsee

Samaai kry kans oorsee
 
2005-05-26


DIE elfjarige Egon Samaai van Paarl Hugenote Tennisklub is deel van ’n SA-span wat in Junie aan die De Blauwe Tennisbeker-toernooi in België gaan deelneem.

Samaai, ’n leerder van William Lloyd Primêr, is een van ses o.12 spelers (drie meisies en drie seuns) wat in die span ingesluit is. Wesley Montgomery is die ander Bolander in die span.

Die Suid-Afrikaners sal teen spanne van Spanje, Swede, Nederland, Brittanje en ’n Frans en Vlaanse Belgiese span in aksie wees.

Samaai se insluiting volg ná sy meteoriese opgang op die nasionale ranglys vir o.12 seuns. Hy was aan die begin van 2005 nog 25ste gekeur.

Die wen van heelwat toernooie insluitende die Boland Grand Prix op Stellenbosch, asook plekke in verskeie finale wedstryde, het hom tot in die vyfde plek laat spring.

Hy was dan ook deel van die Boland-span wat in Maart die Interprovinsiale toernooi op Bloemfontein gewen het.
Egon word deur sy oupa, die bekende tennisafrigter David Samaai, afgerig.

“Ek kon eers op die ouderdom van 21 oorsee gaan speel danksy die hulp van my gemeenskap. Hier word my kleinseun vandag deur die Suid-Afrikaanse Tennisvereniging gekies om oorsee te gaan speel - en dit op 12 jaar,” het ’n trotse Samaai gesê.

Die klub is reeds besig met fondsinsamelingsprojekte om Egon se reis te finansier. Mense wat ’n bydra wil maak, kan David Samaai by 862-1917 (h) skakel.



More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za