Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wêreld Jeugkoor op Stellenbosch

Wêreld Jeugkoor op Stellenbosch
 
2007-06-14


DIE Wêreld Jeugkoor, wat bestaan uit 78 sangers van 32 lande, sal ’n konsert hou in die Endlersaal op Stellenbosch op Vrydag 20 Julie om 20:00.

Sewe Suid-Afrikaners is vanjaar gekeur om in hierdie koor te sing. Hulle is Madelaine de Villiers, Ferdinand Liebenberg, Itumeleng Pooe, Jana du Plooy, Tina Tshupane, André Oosthuizen en Esté Gross.

Die jeugkoor word deur twee befaamde dirigente gelei, Peter Dijkstra van Nederland en Sidumo Jacobs van Suid-Afrika.

Kaartjies is beskikbaar van 4 Julie by die konservatorium kaartjiekantoor teen R80 (R60 pensionarisse, studente en skoliere).

Kry meer inligting by die Universiteit van Stellenbosch 021-808-2335 of faks 021-808-2345 of epos music@sun.ac.za.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za