Groot prys vir Gimmie
2005-05-26
‘n TALENTVOLLE Gimmie, Hanmari de Wet, het die eindronde van die Toneelspelkompetisie vir hoërskoolleerders met haar aanbieding “All that Jazz” gewen.
Daar het 230 leerders aan die kompetisie deelgeneem, wat deur Hoërskool Bellville aangebied is en beoordeel is deur bekendes soos Francois Toerien, Henry Mylne en Woutrine Theron.
Die kompetisie het bestaan uit vier rondes waarna daar elke keer ‘n aantal deelnemers uitgeskakel is. Agt deelnemers het aan die eindronde deelgeneem.
Hanmari is ‘n matriekleerling aan die Hoërskool Paarl Gimnasium. Sy neem drama by Wiwe Ras-Pretorius en neem sang as vak onder leiding van Maria van der Merwe.
Met Hanmari se bekroning, was dit ‘n tweede veer in Wiwe se hoed, nadat haar student Greg Kriek (hoofseun van Boishaai) in 2004 ook dié kompetisie gewen het.
Hanmari het vroeër vanjaar haar eie kabaret suksesvol op die been gebring as ‘n musiekprojek, en het ook pas die hoofrol vertolk in die Café Rock, Gimnasium se revue.
More
News
|