Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sangeres maak naam

Sangeres maak naam
 
2007-06-14


DIE geestelike sangeres Wilma Brooks (nou Delport) se CD “Ocean of Love” word tans in Indië en Londen bemark.

Wilma tree al sedert die ouderdom van agt jaar op by haar pa, Kosie Brooks, se konserte.

“Dit is in die familie. My broers John en Jakobus sing ook. Hulle skryf ook al my liedjies vir my,” sê ’n trotse Wilma.

Sy is ’n omroeper by Radio KC en bied die program “Die Engeltjies” van Maandag tot Vrydag aan.

Sy koördineer ook ’n kinderklub by Radio KC wat binnekort geloods sal word.

“Vele aktiwiteite word beplan vir die kinders by hierdie klub,” sê Wilma.

Wilma tree op by funksies, troues en begrafnisse. Vir meer inligting, skakel haar by 072 259 3201, of haar man wat ook haar bestuurder is by 084 812 8149.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za