Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Aanval in park

Aanval in park
 
2007-06-14


’n BEJAARDE man het onlangs ’n mesaanval oorleef in die Paarlse Arboretum op die wal van die Bergrivier, toe sy tienjarige bokserhond ’n messwaaiende aanvaller verwilder het.

Die man het naby die voetbrug met sy hond gestap toe die aanvaller ’n mes voor sy gesig gehou het en op sy selfoon aangedring het.

Die hond het egter glad nie van hierdie streke gehou nie en het genadeloos na die aanvaller gehap. Toe hy sien dat die hond nie vir sy mes skrik nie, het hy gevlug.

Hond en baas is ongedeerd agtergelaat.

Dit is nie die eerste aanval in die Arboretum-boomtuin wat bekend staan as die ‘juweel van die Paarl’ nie.

Die munisipale tuin het nou berug geraak vir aanvalle. Alhoewel die hawelose mense wat hulself hier tussen die bosse tuisgemaak het verwyder is, wandel boosaards steeds daagliks hier rond.

Verlede jaar is ’n 86-jarige Britse toeris ook hier aangeval en met ’n mes op die hand gesny.

Die polisie het al vantevore waarskuwings aan die publiek uitgereik nadat mense hier aangeval is.

Die publiek word dus gemaan om nie alleen in die Arboretum te wandel nie.

* Another Paarlite has been attacked while walking in the Arboretum park



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za