Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Rowers vasgetrek

Rowers vasgetrek
 
2007-06-14


WELLINGTON is Vrydag omskep in ’n toneel uit die Wilde Weste, toe ’n jaagtog ontstaan het agter drie vermeende rowers.

Die drama het vroeër die dag in Worcester ontvou toe ’n verf-winkel van ongeveer R5000 beroof is.
Die vermeende rowers het hierna in ’n rooi BMW oor Bainskloof gevlug en hulself in Wellington bevind.
Die polisie op Worcester het noodseine uitgestuur na al die omliggende dorpe in die Boland om op die uitkyk te wees vir die mans.
Kort hierna is die Wellington polisie deur lede van die publiek in kennis gestel dat drie verdagte mans in Bergstraat uit ’n BMW gespring het en in die rigting van die Spruitrivier gehardloop het.

Die beskrywings van die voortvlugtiges het ooreengestem met dié van die mans wat betrokke was by die rooftog op Worcester en versterkings van elders in die Drakenstein-area is ingeroep om te help met die soektog.

Twee mans is deur ’n horde polisiebeamptes vasgetrek in Blouvleiweg, terwyl ’n derde nog op vrye voet is.

Die mans is vermoedelik afkomstig van Kaapstad en ’n intensiewe soektog is geloods na die derde verdagte.

* Two alleged robbers were arrested in Wellington after fleeing from Worcester.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za