Leer met bye boer
2007-06-14
DIE gewilde Byeboerdery Winterskool vind gedurende Julie plaas. Die meeste klasse word by die Elsenburg Instituut te Muldersvlei naby Stellenbosch aangebied.
Die kursus is oop vir almal en dek alle aspekte van byeboerdery: van ’n praktiese besoek aan ’n heuningkamer en die bestuursaspekte, tot die fyner besonderhede van koninginteelt en bestuiwing.
Die inskrywingsgelde is vooraf betaalbaar en sluit etes, verversings en alle kursusmateriaal in.
Vir meer inligting skakel Robert of Deborah Post by tel/faks 021- 971-1022 of epos crpost@ telkomsa.net.
More
News
|