Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


"Wees positief oor Paarl"

"Wees positief oor Paarl"
 
2007-06-14


INWONERS van Paarl moet ‘n slag met nuwe oë kyk na hul dorp en positief wees oor alles wat Paarl het om te bied.

So het sakeman Gerhard Meyer verlede week by die dinee van die Paarlse Sakekamer gesê, waar hy vereer is met ‘n spesiale sertifikaat as blyk van waardering en erkenning vir wat hy vir die Paarl vermag het met die Cultivaria-kunsfees.

“Ons het vir Gerhard Meyer leer ken as ‘n man wat drome prakties maak en dit dan uitvoer op ‘n hoogs professionele manier,” het Ritz de la Bat, bestuurslid van die Sakekamer, gesê.

“So het hy onder andere De Oude Paarl Hotel tot stand gebring, Paarlberg se Amfiteater weer lewe gegee met sy reuse-buitelugkonserte en toe droom hy van Paarl se eiesoortige fees van kunste - en die res is geskiedenis.

Gerhard het Paarl se eerste Cultivaria aangebied met sowat 100 konserte met die hoogste gemiddelde besetting van lokale van alle feeste in die land.

Vanjaar doen hy dit weer en groter van 20 tot 24 September.
Daar sal 127 konserte, ‘n strikdastafel vir ‘n duisend mense in die Hoofstraat en ‘n kuns- en wynroete met 14 uitstallings binne 4 km in die Hoofstraat wees, met ‘n 100 visuele kunstenaars.

Volgens Meyer was daar baie positiewe reaksie van besoekers aan verlede jaar sy Cultivariafees, maar die inwoners bly vashaak by klagtes en kritiek oor sypaadjies en dies meer.”

“Hierdie jaar se Cultivaria gaan alle persentasierekords vir feeste in die land oortref en Paarliete kan opreg trots wees op die dorp en streek en die geleentheid en moet mekaar positief inspireer om Paarl ‘n wendorp te maak.”

Meyer, wat saam met feesdirekteur Uys van der Hoven persoonlik borg gestaan het vir meer as R1 miljoen van die fees se kostes, het sy borge (veral die Munisipaliteit, FNB en KWV) bedank, “want sonder hulle sou geen plan die lig gesien het nie.”



More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za