Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Boikot die virus

Boikot die virus
 
2007-06-14


EK stem saam met die briefskrywer Anti-virus oor taxi’s. Die tyd het aangebreek dat pendelaars hul stem dik moet maak. Boikot die virus.

Die doodskiste op wiele gee nie ’n duit om vir pendelaars nie.

Verder het die bedryf die vermetelheid om ná die verskyning van die brief, hul reisgelde met onmiddellike effek op 1 Junie 2007 te verhoog, kwansuis oor voortdurende petrol-prysstygings.

’n Rit vanaf Amstelhof na die stasie is verhoog met 50c na R5; dorp toe kos nou R6 en tot by die Paarl stadsaal ook R6.

Hoekom moet die pendelaar na die dorp se verhoging anders wees as na die naaste en verste punte? Hulle betaal nou dieselfde as wat pendelaars voorheen betaal het vir ’n 10km rit na Wellington!

Die taxi-verenigings en eienaars is ’n antwoord verskuldig aan die publiek oor hulle prysbepalings.

Verder moet die owerhede hul plig begin nakom en daadwerklik optree teen die ongevraagde virus in ons midde.

Ook Anti-virus



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za