Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sakekamer vereer twee

Sakekamer vereer twee
 
2007-06-14


DIE Paarl het ‘n blink ekonomiese toekoms en die drankmaatskappy Distell is tans besig met heelwat plaaslike uitbreidings.

So het ‘n Paarliet met hoë aansien in die wynbedryf, Ernst le Roux, verlede week gesê toe hy aangewys is as die Paarlse Sakepersoon van die Jaar.

Die toekenning is oorhandig by die Paarlse Sakekamer se 60ste verjaarsdagviering. ‘n Spesiale toekenning is ook oorhandig aan Gerhard Meyer, stigter van die Cultivaria-fees.

Le Roux, voorheen besturende direkteur van Nederburg en tans Groepbestuurder vir druiwe en wynvoorsiening by Distell, het lede van die Sakekamer daarop gewys dat daar uitbreidings was by Nederburg en tans ook aan die gang is by Monis.

‘n Koolsuurgas-herwinningsaanleg word aangebou as deel van die appeldrankie-vervaardigingsproses, in samewerking met die Franse maatskappy Air Liquide.

Hierdie projek word aangepak omdat dit omgewingsvriendelik is, en weens die tekort aan koolsuurgas wat onlangs landwyd beleef is.

Le Roux beklee verskeie poste in die wynbedryf: hy is voorsitter van Winetech, raadslid by die SA Wynindustrieraad en die Wyn- en Spiritusraad asook lid van die afbakeningskomitee vir die bedryf, voorsitter van Lomond wyne en voorsitter van die Noord-Kaap se wingerdvestigingsmaatskappy.

Hy is ook direkteur van SEB-wynmaatskappye by Gansbaai en Darling.

Van 1996 tot 2001 was hy die bedryfsverteenwoordiger in die minister van landbou se span wat die Wyn- en Spiritusooreenkoms met die EU onderhandel het.

Hoewel hy in Julie aftree, bly hy steeds in deeltydse hoedanigheid in van sy poste aan, maar gaan hom ook toespits op die nuutgestigte Drakenstel gemeenskapsontwikkelingsmaatskappy wat hom beywer vir die bou van ‘n kleuterskool vir minderbevoorregte kinders in Klapmuts.

Om by die Sakekamer aan te sluit, kontak Maretha Dreijer (021-872-6258).



More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za