Sentrum hou Jeugdagsaamtrek
2007-06-14
DIE Gathering Wholeness Centre in Orleanslaan, Paarl, hou Saterdag op Jeugdag van 12:00 tot 16:00 ‘n Jeugdag-saamtrek by die sentrum. Toegang is gratis.
Die dag sal vol vermaak wees met dansers, sangers, en orkeste asook motiveringsprekers. Dié wat kom sal ook ‘n gratis bord potjiekos ontvang.
Mense wat belang stel om in te skryf vir die sang- of danskompetisie, wat gediggies wil voordra oor die jeug of ‘n kort drama wil opvoer, kan hulle kontak of op die dag van die byeenkoms kom inskryf. Daar sal pryse te wen wees.
Vir inligting bel, Bjorgan Morrie by 021-862-1273 of 082-453-3172 of e-pos huguenotaog@telkomsa.net.
More
News
|