Visier op wetenskappe
2007-06-14
DIE soektog is aan die gang na skrander leerders wat in wiskunde of die wetenskappe uitblink en ook goeie kommunikeerders is om as handelsnaam-ambassadeurs vir die Shuttleworth-stigting se Hip2b2- (Hip to be square) program op te tree.
Vir die sowat 20 gelukkige leerders uit die onderskeie provinsies kan die ambassadeursprogram die geleentheid van 'n leeftyd wees met amper onbeperkte beroepsmoontlikhede.
Die Hip2b2-projek is van stapel gestuur na Mark Shuttleworth se historiese vlug om die eerste Afrikaan in die ruimte te word.
Sy doel is om jong leerders te inspireer met wiskunde en wetenskap. Hulle kan dalk die sterre van die TV-program wees, vir die tydskrif skryf, 'n blog skep of klank- en beeldopnames (podcasts) doen vir die webwerf.
Aansoeke vir die handelsnaam-ambassadeursprogram word ingewag van hoërskoolleerders met en bewese vaardigheid in wetenskap, uitvindsels, entrepreneurskap, wiskunde of rekenaars. Aansoekvorms is beskikbaar op die Hip2b2-webwerf www.hip2b2.com.
Pos jou inskrywings aan Kate Evans by Hip2b2, Posbus 4163, Durbanville, 7551, faks 021-970-1233 of epos ambassador@hip2b2.com. * Mathematics and Science learners have a chance to join Mark Shuttleworth’s ambassador programme.
More
News
|