Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Roses laat Wesbank ploeg

Roses laat Wesbank ploeg
 
2005-05-26


DIE eerste span van Roses United het sy posisie op die punteleer van Boland se A1 ligakompetisie verstewig toe hy Saterdag vir Wesbank op Malmesbury 23-16 geklop het.

Die wedstryd was gekenmerk deur heelwat foute deur albei spanne, maar dit was die besoekers se oorheersing voorlangs wat hulle die voordeel gegee het.

Tog het verbroude kanse van albei kante verhinder dat die wedstryd in ’n skouspel ontaard het.

Roses se losvoorspelers met Igie Korabie (agsteman), en die flanke Clement Lewis en Michael Abrahams aan die spits, het goed gespeel.

Agterlangs het Danie Roman sy spel slim afgewissel en het Earl Manie ook goed vertoon. Dit was juis Manie se skopskoen wat Roses van ’n oorwinning verseker het.

Hoewel die tuisspan binne die eerste paar minute gedruk het, het Roses vinnig teruggeslaan deur Devan van Wyk (vleuel) oor te stuur vir ’n drie.

Korabie het Roses se ander drie gedruk na goeie samespel deur die voor- en agterspelers.

Manie was in die kol met twee doelskoppe en drie strafdoele.
Roses speel Saterdag teen Robertson op Pelikaanpark.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za