Reën kwel Albions min
2007-06-14
DIE reënweer van die afgelope naweek het daartoe bygedra dat die spelers van Albions Rugbyklub hulle beste voet voorgesit het tydens hul wegwedstryd teen Franschhoek.
Die stryd onder die voorspelers was hard terwyl die agterspelers weens die weersomstandighede maar min kans gekry het om hul spoed ten toon te stel.
Die veteraanstut van Albions, Edgar Arendse, het sy hart uitgespeel en is ook as die speler van die wedstryd aangewys.
Die puntemakers van Albions was Christopher September (drie) en Lincoln du Preez (twee strafskoppe en een doelskop).
Die tweede span van Albions het 20-7 verloor terwyl die derde span ’n 53-0 loesing toegedien is.
* Albions Rugbyklub hou Maandag ’n algemene vergadering om 19:30 by die Bethel-kerk.
Vir meer inligting, skakel Stevie Williams by 083-451-8967.
More
News
|