Violets skuur net-net deur
2007-06-14
DIE eerste span van Violets Rugbyklub kan hulself gelukkig ag met die 11-8 oorwinning wat hulle Saterdag teen die sterk span van Blakes Rugbyklub behaal het.
Blakes het uit die staanspoor hul stempel op die wedstryd afgedruk met Violets wat hard moes spook om by te hou.
Die reën, wind en 'n gebrek aan dissipline het amper die wedstryd vir Violets gekos.
Die rustydtelling was 8-8. Met een minuut speeltyd oor, het Rowan Anderson met ’n belangrike strafskop geslaag om sy span te laat wen. Granville September het Violets se enigste drie gedruk terwyl Anderson met twee strafskoppe geslaag het.
* Violets II en Violets III het onderskeidelik 34-5 en 18-0 gewen.
More
News
|