Driekuns vir Newton-rugby
2007-06-14
DIE drie spanne van Newton Rugbyklub het Saterdag daarin geslaag om Ashton United op Newtonpark met die kous oor die kop huis toe te stuur.
Die nat toestande het dit aanvanklik moeilik gemaak vir die spelers om aan die gang te kom, maar die tuisspan het stadig maar seker hul ritme gevind.
Newton het eerste punte aangeteken met ’n drie deur Les Johannes. Dié was ook die enigste punte in die eerste helfte.
Ná rustyd het Bradwell Swart met 'n strafskop geslaag en ook sy span se tweede drie, deur Henkie Mars, verdoel.
Newton het dié kragmeting 15-0 gewen.
* Newton II en Newton III het onderskeidelik 10-8 en 12-5 gewen.
More
News
|