Peoples peper Paarl
2007-06-14
DIE losskakel van Young Peoples Rugbyklub, Delwayne Cornelissen, het Saterdag ’n skittervertoning gelewer om sy span met 22-9 in hul derbystryd oor Paarl by Daljosafat te laat seëvier.
Cornelissen het altesaam 22 punte vir die tuisspan aangeteken wat vier strafskoppe, een doelskop en ook ’n skepdoel ingesluit het. Peoples se Manie Adams het die enigste drie van die wedstryd gedruk.
Clive Samuels van Paarl het sy span se enigste punte aangeteken deur twee strafskoppe en ’n skepdoel.
Die bestuurder van Paarl Rugbyklub, Frans Smit, het gesê die afgelope naweek se derby was ’n taai stryd, maar het bygevoeg dat sy span daarna uitsien om die bordjies te verhang wanneer Peoples gedurende die tweede ronde Faurestraat-stadion gaan besoek.
* Young Peoples II het hul wedstryd 10-6 gewen terwyl Paarl III hul opponente 26-20 geklop het.
More
News
|