Bergrivier kanomarathon skop eersdaags af
2007-06-14
DIE Isuzu Bergrivier-marathon, Suid-Afrika se langste en taaiste kanowedvaart, begin 11 Julie by die Markstraat-brug in die Paarl om 09:30.
Van die land se beste langafstand-atlete, insluitend die verdedigende kampioene Hank McGregor and Abbey Miedema, gaan sake uitspook vir dié gesogte titel.
Hierdie legendariese resies is in sy 45ste jaargang en strek sowat 240km tot aan die Weskus by Velddrif.
Vanjaar sal die oornag-stop die tweede dag op Bridgetown wees. Dit verkort wel die tweede been tot 45km, maar die sessie van dag drie word nou 75km en skop af met gelykwater-stryd oor die Misverstand-dam.
Die marathon behou ook die tydtoetse voor die resies vir elite kanovaarders wat 10 Julie om 13:30 afgehandel sal word.
Die veteraan kanovaarder, André Collins, het gesę die Bergrivier-marathon is werklik ’n unieke geleentheid vir enige kanovaarder.
“Om eenvoudig net die wedvaart te voltooi, is reeds ’n groot prestasie. Dit word nie verniet die ’ultimate challenge’ genoem nie.”
More
News
|