Gardens se gô raak op
2005-05-26
IN ’n riller van ’n wedstryd op Gardens Park moes Young Gardens Saterdag 21-9 die knie buig voor Macassar.
Gardens se wedstryd teen die huidige ligavoorlopers in Divisie 3 het voor ’n stampvol pawiljoen afgespeel met sowat 3000 toeskouers wat hul spanne singend aangemoedig het.
Dit was ’n sege wat die Rooi Rose op ’n skinkbord weggegee het.
Die tuisspan het sy alles gegee, maar in die laaste tien minute, met die telling 9-6 in die besoekers se guns, uitgesak.
Die twee drieë wat Macassar in dié tyd gedruk het, was teen die verloop van die spel en het die Paarliete geknak.
Gardens se Jeremy Koukom was suksesvol met twee strafskoppe en Davey de Kock het ’n skepskop oorgeklits.
More
News
|